Welkom by NHK Potch Noord
Hoe wonderlik die wete wat ons in Jesaja 40:31 vind: “maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”
Ons word nie arende deur eie vermoëns nie, maar is dit alreeds deur die genade van Jesus Christus. Dit maak ons nie verwaand nie maar 'n dankbare gemeente wat tot eer van Christus lewe. So begin ons elke dag om met oorgawe die genade oomblikke en koestering van bo af, raak te sien en te geniet. Met die gawes en talente wat die Here ons bied, sweef ons in alle omstandighede.
As daar 'n tyd kom dat ons vergeet dat ons die Here se arende is en moegheid of negatiwiteit ons oorval, is dit Woordverkondiging en 'n geloofsfamilie wat ons opnuut daaraan herinner dat ons deur die krag van die Heilige Gees lewe. Ons as gemeente dra mekaar se laste met ons ore gerig op die stem van die Here en ons oë gefokus op die verwagting van Sy Koninkryk.
Ons predikantspaar is ds. Schalk & Magda Kok. Die predikantspaar is baie nou betrokke by alle gemeentefunksies.
Ds. Schalk doen moeite met die geestelike versorging van die gemeente en saam met die Kerkraad gee hulle aandag aan elke faset van kerkwees.
Baie welkom by die webblad van NHKA gemeente Potchefstroom-Noord.
Volg die skakels om die inligting waarna u soek te ontsluit. Ons wil van diens wees. Neem daarom die vrymoedigheid om ons te skakel of stuur vir ons 'n e-pos indien u meer inligting verlang.
EREDIENSTE
KATEGESE
JONG WERKENDES / STUDENTE
NHSV
Die NHSV is verantwoordelik vir tee
na eredienste, asook vir verversings
na begrafnisse en gedenkdienste.
Die NHSV bied ook ‘n Kersete aan
vir bejaardes asook ‘n teeparty
vir diegene wat 80 jaar en ouer is.
Insiggewende praatjies en
aktiwiteite word ook gereeld gereël
Kontak Magda Pretrorius vir
enige navrae by 083 384 9070.
Vir meer inligting oor die NHSV
KLIEK HIER
EREDIENSTE
KATEGESE
JONG WERKENDES / STUDENTE
NHSV
Die NHSV is verantwoordelik vir tee
na eredienste, asook vir verversings
na begrafnisse en gedenkdienste.
Die NHSV bied ook ‘n Kersete aan
vir bejaardes asook ‘n teeparty
vir diegene wat 80 jaar en ouer is.
Insiggewende praatjies en
aktiwiteite word ook gereeld gereël
Kontak Magda Pretrorius vir
enige navrae by 083 384 9070.
Vir meer inligting oor die NHSV
KLIEK HIER
NHK Potch Noord Auditorium & Fasiliteite

Fasiliteite
NHK Potch Noord beskik oor 'n volledige toegeruste kombuis met groot saal om enige funksie sonder sukkel te laat plaasvind. Daar is baie netjiese badkamers en al die nodige geriewe vir oud en jonk.
Auditorium Bestuur
Nederduitsch Hervormde Kerk
Potchefstroom-Noord
Hennie Bingle straat 15
Mooivallei Kleinhoewes, Potchefstroom, 2520
Eldi Cloete - Besprekings / Kwotasies
Tel: 018 294 4882 (k/u) - 082 579 2563
Potchefstroom-Noord
Hennie Bingle straat 15
Mooivallei Kleinhoewes, Potchefstroom, 2520
Eldi Cloete - Besprekings / Kwotasies
Tel: 018 294 4882 (k/u) - 082 579 2563












Kontak Ons
Nederduitsch Hervormde Kerk
Potchefstroom-Noord
Hennie Bingle straat 15
Mooivallei Kleinhoewes
Potchefstroom, 2520
Ds. Schalk Kok – +27 79 038 4121
info@nhkpotchnoord.co.za